

Koos & Carla
Trou

10 Mei 2025


Ons vier fees!
Kom deel in die viering van ons troudag.
Ons Storie
2021
Op 'n warm somersmiddag in Douglas, het Koos en Carla mekaar vir die eerste keer ontmoet. Elkeen se weergawe verskil oor wie eerste vir wie gekyk het, maar dit is veilig om te sê dat hulle geweet het die koeël is deur die kerk.
​
Carla het wel gedink sy gaan vir Koos nooit weer sien na daardie naweek nie, maar hy het ander planne gehad.
Die langafstandverhouding begin wat beteken daaglikse telefoonoproepe en langpadkuiers.
​
2023
Nadat Carla haar studies voltooi het, het sy voor 'n keuse gestaan, Douglas of Johannesburg?
Die platteland het haar geroep en sy het die stadslewe gegroet. Dit is ook waar hulle begin eet het aan die sak sout, soos die
spreekwoord lui.
​
2024
Die liefde en waardering vir mekaar het sterker en sterker gegroei soos die tyd aangestap het. Koos vra vir Carla die Ja-woord en die sprokiesverhaal ontvou verder.
Koos en Carla droom drome en maak planne met God as Koning oor hulle toekoms. En hulle kyk terug oor die verhouding en kan nie anders as om uit pierings te drink nie want hulle bekers loop oor.
​
2025




Venue
Monte Bello Estate
​
Tafelkop Farm, Vaalbank, Suid St, Bloemfontein, 9301
Akkommodasie
Ongelukkig het Monte Bello beperkte slaapplek.
Verblyf opsies naby Monte Bello:
-
Centenary Lodge - 082 853 1362 - 500m
-
Olive Hill Country Lodge - 084 506 04814 - 5.5km
-
Bayswater Lodge - 051 436 1004 - 9.7km
-
Hobbit Boutique Hotel - 051 447 0663 - 13.6km
-
Protea Hotel - 051 444 4321 - 15.8km
-
Blue Rian Guesthouse - 066 471 5500 - 17km
-
Melsetters Guesthouse - 082 524 9134 - 26.8km
-
De Stallen Guesthouse - 051 813 9433 - 29.8km

Verloop van ons
groot dag



Kerk
Seremonie
3:00 - 4:00PM
Canapé
4:00 - 6:30PM
Toesprake
6:30 - 7:00PM
Aandete
7:00 - 7:30PM
Partytjie
7:30 - 12:00PM



Wat trek ek aan?

Wat trek ek aan?
Dames
Semi-formeel tot Formeel.
​
Gaan stof daardie mooi rokkie af in jou kas.
Mans
Semi-formeel tot Formeel.
​
Vir daardie manne wat lief is vir 'n kortbroek, los dit eerder by die huis want dit kan koud raak in Mei.
Geskenke
Jou teenwoordigheid op ons troudag is die grootste geskenk waarvoor ons kan vra. ​​
​
Bring dus jou mooiste glimlag, jou lekkerste lag en beste dansskoene.
Kontant kroeg beskikbaar















